19 Hy antwoord haar: “Gee vir my jou seun. Toe het hy hom van haar bors af weggevat en hom opgedra na die bo-kamer waar hy gebly het en hom op sy eie bed neergelê.
20 Hy het na יהוה toe uitgeroep en gesê: “יהוה, my God, het U ook oor die weduwee by wie ek bly, ’n onheil gebring deur haar seun te laat sterf?”
21 Toe het hy homself drie maal uitgestrek oor die seun en יהוה aangeroep en gesê: “יהוה, my God, ek vra U, laat hierdie seun se lewe na hom terugkeer.”
22 יהוה het Eliyahu se stem gehoor en die lewe van die seun het na hom toe teruggekeer en hy het weer geleef.
23 Eliyahu vat die seun en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder en Eliyahu sê: “Kyk, jou seun lewe!”Deut 18:22
24 Toe sê die vrou vir Eliyahu: “Nou weet ek dit: dat u ’n man van God is en dat die woord van יהוה, in u mond, waarheid is.”