3 “Gaan hiervandaan weg en draai ooswaarts en steek jouself weg by die spruit K’rit, wat oos van die Yarden is.
4 Dit sal wees dat jy van die spruit sal drink en Ek het die kraaie beveel om daar vir jou te voorsien.”
5 Hy het gegaan en gedoen volgens die woord van יהוה, want hy het gaan bly by die spruit K’rit, wat oos van die Yarden is.
6 Die kraaie het in die oggend vir hom brood en vleis gebring en brood en vleis teen sonsondergang en hy het uit die spruit gedrink.
7 Dit het gebeur na ’n rukkie dat die spruit opgedroog het, want daar was geen reën in die land nie.
8 Toe kom die woord van יהוה na hom en sê:
9 “Staan op, gaan na Tzarfat wat in Tzidon is en bly daar; let op, Ek het ’n weduwee daar beveel om vir jou te voorsien.”