16 `Ovadyah het Ag’av gaan ontmoet en hom vertel en Ag’av het gegaan om Eliyahu te ontmoet.
17 Toe Ag’av Eliyahu sien, vra Ag’av vir hom: “Is dit jy, jou versteurder van Yisra’el?”
18 Hy antwoord: “Ek het Yisra’el nie versteur nie, maar u en u vader se huis het omdat u die opdragte van יהוה verlaat en die Ba’als gevolg het.
19 Stuur dan nou en laat die hele Yisra’el by my bymekaarkom op die berg Karmel, saam met vier honderd en vyftig profete van Ba’al en vier honderd en vyftig profete van die Asherah wat aan Izevel se tafel eet.”
20 Ag’av het gestuur na al die seuns van Yisra’el en die profete op die berg Karmel bymekaar gebring.
21 Eliyahu het nadergekom na al die mense en gesê: “Hoe lank sal julle aarsel tussen twee opinies? As יהוה God is, volg Hom, maar as Ba’al is, volg hom!” Die mense het hom egter nie ’n woord geantwoord nie.
22 Toe sê Eliyahu vir die mense: “Ek het alleen oorgebly as profeet van יהוה, maar die profete van Ba’al is vier honderd en vyftig man.