29 Toe die middag verby is, het hulle geraas tot op die tyd van die aandoffer, maar daar was geen stem, niemand het geantwoord nie en niemand het aandag gegee nie.
30 Toe sê Eliyahu vir al die mense: “Kom nader aan my.” Al die mense het nadergekom na hom toe en hy het die altaar van יהוה herstel wat afgebreek is.
31 Eliyahu het twaalf klippe gevat, volgens die getal van die stamme van Ya’akov se seuns tot wie die woord van יהוה gekom het om te sê: “Yisra’el sal jou naam wees.”
32 Met die klippe bou hy ’n altaar in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה en hy het ’n sloot rondom die altaar gemaak, groot genoeg om twee mate saad te hou.
33 Hy het die hout rangskik, die jong bul in stukke gesny en dit bo-op die hout gelê.
34 Hy het gesê: “Maak vier kruike vol water en gooi dit op die brandoffer en op die hout.” Hy het ook gesê: “Doen dit ’n tweede keer.” Hulle het dit ’n tweede keer gedoen. Hy sê weer: “Doen dit vir ’n derde keer.” Hulle het dit vir ’n derde keer gedoen.
35 Die water het rondom die altaar gevloei en hy het ook die sloot vol water gemaak.