31 Eliyahu het twaalf klippe gevat, volgens die getal van die stamme van Ya’akov se seuns tot wie die woord van יהוה gekom het om te sê: “Yisra’el sal jou naam wees.”
32 Met die klippe bou hy ’n altaar in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה en hy het ’n sloot rondom die altaar gemaak, groot genoeg om twee mate saad te hou.
33 Hy het die hout rangskik, die jong bul in stukke gesny en dit bo-op die hout gelê.
34 Hy het gesê: “Maak vier kruike vol water en gooi dit op die brandoffer en op die hout.” Hy het ook gesê: “Doen dit ’n tweede keer.” Hulle het dit ’n tweede keer gedoen. Hy sê weer: “Doen dit vir ’n derde keer.” Hulle het dit vir ’n derde keer gedoen.
35 Die water het rondom die altaar gevloei en hy het ook die sloot vol water gemaak.
36 Op die tyd dat die aandoffer geoffer word, het die profeet Eliyahu nadergekom en gesê: “יהוה, God van Avraham, Yitz’gak en Yisra’el, laat dit vandag bekend wees dat U God in Yisra’el is en dat ek U dienskneg is en dat ek al hierdie dinge volgens U woord gedoen het.
37 Antwoord my, יהוה, antwoord my sodat hierdie volk kan weet dat U, יהוה, God is en dat U hulle verstand, wil en emosie weer teruggedraai het.”