38 Toe het die vuur van יהוה neergeval en die brandoffer, die hout, die klippe en die stof verteer en die water wat in die sloot was, opgelek.
39 Toe al die mense dit sien, het hulle op hul gesig neergeval en gesê: “יהוה, Hy is God, יהוה, Hy is God.”
40 Toe sê Eliyahu vir hulle: “Gryp die profete van Ba’al; moenie dat een van hulle ontsnap nie.” Hulle het hul gegryp en Eliyahu het hulle afgebring na die spruit Kishon en hulle daar doodgeslaan.
41 Toe sê Eliyahu vir Ag’av: “Gaan op, eet en drink, want daar is die gedruis van ’n reënbui!”
42 Ag’av het opgegaan om te eet en te drink, maar Eliyahu het na die top van Karmel gegaan en hy het op die grond afgebuig en sy gesig tussen sy knieë gesit.
43 Hy sê vir sy dienskneg: “Gaan nou op, kyk na die see toe.” Hy het opgegaan en gekyk en gesê: “Daar is niks nie.” Hy sê: “Gaan weer,” sewe keer.
44 Dit het die sewende keer gebeur dat hy sê: “Let op, ’n wolkie so klein soos ’n man se hand kom op uit die see.” Hy sê: “Gaan op, sê vir Ag’av: ‘Berei jou strydwa voor en gaan af sodat die reënbui jou nie stop nie.’”