10 Hy antwoord: “Ek was baie ywerig vir יהוה, die God van die leërskare, want die seuns van Yisra’el het U verbond verlaat, U altare afgebreek en U profete met die swaard doodgemaak en ek alleen is oor en hulle soek my lewe om dit weg te vat.”
11 Hy sê: “Gaan en staan op die berg voor die Teenwoordigheid van יהוה.” Let op, יהוה het verbygegaan. ’n Groot en sterk wind het die berge geskeur en die rotse in stukke gebreek voor יהוה; יהוה was nie in die wind nie; ná die wind, ’n aardbewing; יהוה was nie in die aardbewing nie;
12 ná die aardbewing, ’n vuur; יהוה was nie in die vuur nie; ná die vuur, die klank van ’n sagte gewaai.
13 Toe Eliyahu dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die grot gaan staan. Let op, daar kom ’n stem na hom toe wat sê: “Wat maak jy hier, Eliyahu?”
14 Toe antwoord hy: “Ek was baie ywerig vir יהוה, die God van die leërskare, want die seuns van Yisra’el het U verbond verlaat, U altare afgebreek en U profete met die swaard doodgemaak en ek alleen is oor en hulle soek my lewe om dit weg te vat.”2 Kon 8:10-13
15 יהוה sê vir hom: “Gaan terug op jou pad na die wildernis van Dammesek en wanneer jy aangekom het, moet jy Haza’el koning oor Aram salf;2 Kon 9:2
16 Yehu, die seun van Nimshi, moet jy salf as koning oor Yisra’el; Elisha, die seun van Shafat, vanaf Avel-M’golah, moet jy salf as profeet in jou plek.