2 Toe stuur Izevel ’n boodskapper na Eliyahu en sê: “Mag die gode so met my doen en selfs meer, as ek nie jou lewe teen môre omtrent hierdie tyd maak soos die lewe van een van hulle, nie.”
3 Hy was bang en het opgestaan en vir sy lewe gehardloop en by Be’er-Sh’va, wat aan Y’hudah behoort, gekom en sy dienskneg daar gelos.
4 Hyself het egter ’n dagreis ver die wildernis ingegaan en daar onder ’n jeneverbos gaan sit en gewens dat hy mag sterf en hy het gesê: “Dit is genoeg; יהוה, vat nou my lewe, want ek is nie beter as my vaders nie.”
5 Hy het gaan lê en slaap onder ’n jeneverbos en let op, daar was ’n engel wat hom aangeraak het en vir hom sê: “Staan op, eet!”
6 Toe hy kyk, let op, was daar ’n broodkoek, op warm klippe gebak en ’n kruik water by sy kop. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
7 Die engel van יהוה het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: “Staan op, eet, want die pad is te veel vir jou.”
8 Hy het opgestaan, geëet en gedrink en deur die krag van daardie kos veertig dae en veertig nagte lank gereis tot by Horev, die berg van God.