8 Hy het opgestaan, geëet en gedrink en deur die krag van daardie kos veertig dae en veertig nagte lank gereis tot by Horev, die berg van God.
9 Toe kom hy daar by ’n grot en het daar gebly en let op, die woord van יהוה het tot hom gekom en vir hom gesê: “Wat maak jy hier, Eliyahu?”
10 Hy antwoord: “Ek was baie ywerig vir יהוה, die God van die leërskare, want die seuns van Yisra’el het U verbond verlaat, U altare afgebreek en U profete met die swaard doodgemaak en ek alleen is oor en hulle soek my lewe om dit weg te vat.”
11 Hy sê: “Gaan en staan op die berg voor die Teenwoordigheid van יהוה.” Let op, יהוה het verbygegaan. ’n Groot en sterk wind het die berge geskeur en die rotse in stukke gebreek voor יהוה; יהוה was nie in die wind nie; ná die wind, ’n aardbewing; יהוה was nie in die aardbewing nie;
12 ná die aardbewing, ’n vuur; יהוה was nie in die vuur nie; ná die vuur, die klank van ’n sagte gewaai.
13 Toe Eliyahu dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die grot gaan staan. Let op, daar kom ’n stem na hom toe wat sê: “Wat maak jy hier, Eliyahu?”
14 Toe antwoord hy: “Ek was baie ywerig vir יהוה, die God van die leërskare, want die seuns van Yisra’el het U verbond verlaat, U altare afgebreek en U profete met die swaard doodgemaak en ek alleen is oor en hulle soek my lewe om dit weg te vat.”2 Kon 8:10-13