13 Adoniyah, die seun van Haggit, het na Bat-Sh’va, die moeder van Shlomo, gekom en sy het gevra: “Kom jy in vrede?” Hy antwoord: “In vrede.”
14 Toe het hy gesê: “Ek het iets om vir u te sê.” Sy antwoord: “Praat.”
15 Hy het gesê: “U weet dat die koningskap myne was en dat die hele Yisra’el verwag het dat ek koning sou wees; die koningskap het egter oorgegaan en my broer s’n geword, want dit was syne vanaf יהוה.
16 Nou rig ek een versoek tot u; moet my nie weier nie.” Sy antwoord hom: “Praat.”
17 Toe sê hy: “Praat asseblief met Shlomo, die koning, want hy sal u nie weier nie, dat hy Avishag, die Shunamiet, vir my as vrou moet gee.”
18 Bat-Sh’va het gesê: “Goed, ék sal met die koning namens jou praat.”
19 Bat-Sh’va het na koning Shlomo gegaan om met hom namens Adoniyah te praat en die koning het opgestaan om haar te ontmoet, voor haar neergebuig en op sy troon gaan sit; toe het hy vir die moeder van die koning ’n troon laat opstel en sy het aan sy regterhand gesit.