22 Koning Shlomo antwoord en sê vir sy moeder: “Waarom vra u Avishag, die Shunamiet, vir Adoniyah? Vra ook die koningskap vir hom, want hy is my ouer broer. Vir hom, vir Evyatar, die priester en vir Yo’av, die seun van Tz’ruyah!”
23 Toe sweer koning Shlomo by יהוה en sê: “Mag God so aan my doen en ook meer, as Adoniyah nie hierdie woord teen sy eie lewe gepraat het nie.
24 Nou, daarom, soos יהוה leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my ’n huis gemaak het volgens sy belofte, sal Adoniyah sekerlik vandag doodgemaak word!”
25 Koning Shlomo het vir B’nayah, die seun van Y’hoyada gestuur en hy het hom aangeval sodat hy dood is.
26 Toe sê die koning vir Evyatar, die priester: “Gaan na `Anatot, na jou eie grond, want jy verdien om te sterf, maar ek sal jou nie nou doodmaak nie omdat jy die ark van die Meester, יהוה, voor my vader Dawid uit gedra het en omdat jy alles gely het wat my vader gely het.”
27 So het Shlomo Evyatar ontslaan sodat hy nie meer priester van יהוה was nie, om die woord van יהוה te vervul wat Hy oor die huis van `Eli in Shiloh gespreek het.
28 Die nuus het by Yo’av gekom, want Yo’av het Adoniyah gevolg, alhoewel hy nie vir Avshalom gevolg het nie. Yo’av het na die tent van יהוה gevlug en die horings van die altaar vasgegryp.