1 Ben-Hadad, koning van Aram, het sy hele leër bymekaargemaak en daar was twee en dertig konings saam met hom, met perde en strydwaens en hy het opgetrek en Shomron beleër en daarteen geveg.
2 Toe het hy boodskappers na Ag’av, die koning van Yisra’el, in die stad gestuur en vir hom gesê: “So sê Ben-Hadad:
3 ‘U silwer en u goud is myne; u mooiste vroue en kinders is ook myne.’”
4 Die koning van Yisra’el antwoord: “Dit is volgens u woord, my meester die koning; ek is u s’n en alles wat ek het!”
5 Toe kom die boodskappers terug en sê: “So sê Ben-Hadad: ‘Verseker het ek gestuur en vir u gesê: “U moet u silwer, u goud, u vroue en u kinders vir my gee,”
6 maar omtrent hierdie tyd môre sal ek my diensknegte na u toe stuur en hulle sal u huis en die huise van u diensknegte deursoek en hulle sal alles wat begeerlik is in u oë, in hulle hand sit en wegdra.’”