24 Doen daarom dit: verwyder die konings, elkeen uit sy plek en sit bevelvoerders in hulle plek
25 en maak ’n leër bymekaar soos die leër wat u verloor het, perd vir perd, strydwa vir strydwa. Dan sal ons teen hulle in die vlakte veg en ons sal sekerlik sterker wees as hulle.” Hy het na hulle stem geluister en so gedoen.
26 Met die draai van die jaar het Ben-Hadad die Arameërs bymekaar gebring en opgegaan na Afek om teen Yisra’el te veg.
27 Die seuns van Yisra’el was saamgetrek, van lewensmiddele voorsien en het gegaan om hulle te ontmoet en die seuns van Yisra’el het teenoor hulle gekamp soos twee troppies bokke, maar die Arameërs het die land gevul.
28 Toe kom ’n man van God nader en praat met die koning van Yisra’el en sê: “So sê יהוה: ‘Omdat die Arameërs gesê het: "יהוה is ’n god van die berge, maar Hy is nie ’n god van die valleie nie,”’ sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee en jy sal weet dat Ek יהוה is.”
29 Hulle het vir sewe dae lank teenoor mekaar gekamp en op die sewende dag het die geveg begin en die seuns van Yisra’el het ’n honderd duisend voetgangers van die Arameërs op een dag verslaan,
30 maar die res het na Afek, in die stad in gevlug en die muur het op sewe en twintig duisend man wat oor was geval. Ben-Hadad het gevlug en in die stad, in ’n binnekamer gekom.