1 Konings 20:27-33 PWL

27 Die seuns van Yisra’el was saamgetrek, van lewensmiddele voorsien en het gegaan om hulle te ontmoet en die seuns van Yisra’el het teenoor hulle gekamp soos twee troppies bokke, maar die Arameërs het die land gevul.

28 Toe kom ’n man van God nader en praat met die koning van Yisra’el en sê: “So sê יהוה: ‘Omdat die Arameërs gesê het: "יהוה is ’n god van die berge, maar Hy is nie ’n god van die valleie nie,”’ sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee en jy sal weet dat Ek יהוה is.”

29 Hulle het vir sewe dae lank teenoor mekaar gekamp en op die sewende dag het die geveg begin en die seuns van Yisra’el het ’n honderd duisend voetgangers van die Arameërs op een dag verslaan,

30 maar die res het na Afek, in die stad in gevlug en die muur het op sewe en twintig duisend man wat oor was geval. Ben-Hadad het gevlug en in die stad, in ’n binnekamer gekom.

31 Sy diensknegte sê vir hom: “Let op, ons het gehoor dat die konings van die huis van Yisra’el genadige konings is; laat ons asseblief rouklere om ons heupe bind en toue om ons koppe en uitgaan na die koning van Yisra’el; miskien sal hy u lewe spaar.”

32 Hulle het rouklere om hul heupe vasgebind en toue om hul koppe en na die koning van Yisra’el gekom en gesê: “U dienskneg Ben-Hadad sê: ‘Laat my asseblief lewe!’” Hy antwoord: “Lewe hy dan nog? Hy is my broer.”

33 Die manne het dit as ’n voorteken gevat en sy woord opgevang en gesê: “Ben-Hadad, u broer!” Toe sê hy: “Gaan, bring hom.” Ben-Hadad het uitgekom na hom toe en hy het hom op die strydwa laat klim.