1 Dit het ná hierdie dinge gebeur dat Navot, ’n Yizre’eliet, in Yizre’el ’n wingerd gehad het, wat langs die paleis van Ag’av, koning van Shomron, was.
2 Ag’av het met Navot gepraat en gesê: “Gee vir my jou wingerd sodat ek dit as ’n groentetuin kan hê, want dit is naby, langs my huis en ek sal vir jou ’n beter wingerd gee in sy plek; as jy wil, sal ek vir jou die prys daarvan in geld gee.”
3 Navot het egter vir Ag’av gesê: “יהוה verbied dat ek die erfenis van my vaders vir u sou gee!”
4 Ag’av het stuurs en vererg in sy huis gekom oor die woord wat Navot, die Yizre’eliet, met hom gepraat het, want hy het gesê: “Ek sal nie vir u die erfenis van my vaders gee nie.” Hy het op sy bed gaan lê, sy gesig weggedraai en geen kos geëet nie.
5 Izevel, sy vrou, het egter by hom gekom en vir hom gesê: “Waarom is jou gees so stuurs dat jy geen kos eet nie?”
6 Hy antwoord haar: “Omdat ek met Navot, die Yizre’eliet, gepraat en vir hom gesê het: ‘Gee vir my jou wingerd vir geld, of anders, as jy wil, sal ek vir jou ’n wingerd in die plek daarvan gee,’ maar hy het gesê: ‘Ek sal nie my wingerd vir u gee nie.”