10 Die koning van Yisra’el en Y’hoshafat, koning van Y’hudah, het by die dorsvloer by die ingang van die poort van Shomron, elkeen op sy troon gesit, aangetrek in hulle koninklike klere en al die profete het voor hulle profeteer.
11 Toe het Tzidkiyah, die seun van ’n Kena’anitiese vrou, vir homself ysterhorings gemaak en gesê: “So sê יהוה: ‘Hiermee sal u die Arameërs deurboor totdat hulle verteer is.’”
12 Al die profete het so geprofeteer en gesê: “Gaan op na Ramot-Gil’ad en wees voorspoedig, want יהוה sal dit in die hand van die koning gee.”
13 Toe praat die boodskapper wat gegaan het om Mikhay’hu te roep en sê vir hom: “Let nou op, die woorde van die profete is eenvormig gunstig vir die koning. Laat u woorde asseblief wees soos die woorde van een van hulle en praat gunstig.”
14 Mikhay’hu sê egter: “So waar as יהוה leef, wat יהוה vir my sê, dit sal ek sê!”
15 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: “Mikhay’hu, sal ons na RamotGil’ad gaan om te veg, of sal ons dit laat staan?” Hy antwoord hom: “Gaan op en wees suksesvol en יהוה sal dit in die hand van die koning gee.”
16 Toe sê die koning vir hom: “Hoeveel maal moet ek jou laat sweer dat jy niks anders as die waarheid in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה tot my moet praat nie?”