1 Shlomo het ’n huweliks ooreenkoms met Farao, die koning van Mitzrayim, gesluit en die dogter van Farao gevat en haar in die stad van Dawid ingebring totdat hy met die bou van sy eie huis, die huis van יהוה en die muur van Yerushalayim rondom klaar was.
2 Die mense het steeds op die hoë plekke geoffer omdat tot en met daardie dae daar geen huis vir die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה gebou was nie.
3 Shlomo het יהוה liefgehad en geloop in die instellings van sy vader Dawid, behalwe dat hy op die hoogtes geoffer en wierook laat opgaan het.2 Kro 1:3; 2 Kro 5:2-5
4 Die koning het na Giv’on gegaan om daar te offer omdat dit die grootste hoë plek was; Shlomo het ’n duisend brandoffers op daardie altaar geoffer.
5 In Giv’on het יהוה in ’n droom in die nag aan Shlomo verskyn en God het gesê: “Vra wat Ek aan jou moet gee.”