17 Die een vrou het gesê: “Ag, my meester, hierdie vrou en ek woon in dieselfde huis en ek het geboorte gegee aan ’n kind terwyl sy in die huis was.
18 Dit het op die derde dag na ek geboorte gegee het, gebeur dat hierdie vrou ook geboorte gegee het en ons was saam. Daar was niemand anders by ons in die huis nie, slegs ons twee in die huis.
19 Hierdie vrou se seun het in die nag gesterf omdat sy op hom gelê het.
20 Sy staan toe in die middel van die nag op en vat my seun van langs my weg terwyl u dienares slaap en sit hom aan haar bors en lê haar dooie seun aan my bors.
21 Toe ek die oggend opstaan om my seun te versorg, let op, hy is dood, maar toe ek in die oggend versigtig na hom kyk, let op, hy was nie my seun, waaraan ek geboorte gegee het nie!”
22 Toe sê die ander vrou: “Dit is nie so nie, want die lewendige een is my seun en die dooie is jou seun.” Die eerste vrou sê egter: “Nee, want die dooie een is jou seun en die lewendige een is my seun.” So het hulle voor die koning gepraat.
23 Die koning het gesê: “Die een sê: ‘Hierdie is my seun wat lewe en jou seun is die dooie een;’ en die ander sê: ‘Nee, want die dooie een is jou seun en my seun die lewendige een.’