2 Die mense het steeds op die hoë plekke geoffer omdat tot en met daardie dae daar geen huis vir die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה gebou was nie.
3 Shlomo het יהוה liefgehad en geloop in die instellings van sy vader Dawid, behalwe dat hy op die hoogtes geoffer en wierook laat opgaan het.2 Kro 1:3; 2 Kro 5:2-5
4 Die koning het na Giv’on gegaan om daar te offer omdat dit die grootste hoë plek was; Shlomo het ’n duisend brandoffers op daardie altaar geoffer.
5 In Giv’on het יהוה in ’n droom in die nag aan Shlomo verskyn en God het gesê: “Vra wat Ek aan jou moet gee.”
6 Toe sê Shlomo: “U het aan u kneg, my vader Dawid, baie liefdevolle omgee gewys, soos wat hy voor U Teenwoordigheid geloop het in waarheid, in onpartydige opregtheid en in opregtheid van verstand, wil en emosie teenoor U en U het vir hom hierdie groot liefdevolle omgee bewaar dat U vir hom ’n seun gegee het om op sy troon te sit, soos dit vandag is.
7 Nou, יהוה, my God, U het U kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog ’n jong seun; ek weet nie hoe om uit of in te gaan nie.
8 U kneg is tussen U volk wat U gekies het, ’n groot volk wat te veel is om getel of genommer te kan word.