25 Die koning het gesê: “Verdeel die lewendige seun in twee en gee die helfte vir die een en die helfte vir die ander.”
26 Toe praat die vrou, wie se kind lewendig was, met die koning, want sy was diep ontroerd oor haar seun en sê: “Ag, my meester, gee vir haar die lewendige kind en maak hom nie dood nie!” Die ander een het egter gesê: “Hy sal nie myne of joune wees nie; verdeel hom!”
27 Toe sê die koning: “Gee die lewendige kind aan die eerste vrou en maak hom in geen geval dood nie. Sy is die moeder.”
28 Toe die hele Yisra’el hoor van die oordeel wat die koning uitgespreek het, was hulle bang vir die koning, want hulle het gesien dat die wysheid van God, om reg te laat geskied, in hom was.