2 Hierdie was sy ampsdraers: `Azaryah, die seun van Tzadok, die priester;
3 Eligoref en Agiyah, die seuns van Shisha, was sekretarisse; Y’hoshafat, die seun van Agilud, was griffier.
4 B’nayah, die seun van Y’hoyada, was oor die leër en Tzadok en Evyatar was priesters.
5 `Azaryah, die seun van Natan, was oor die aangesteldes en Zavud, die seun van Natan, ’n priester, was die vriend van die koning.
6 Agishar was oor die huishouding en Adoniram, die seun van `Avda, was oor die manne onder dwangarbeid.
7 Shlomo het twaalf bestuurders oor die hele Yisra’el gehad wat vir die koning en sy huishouding voorsien het; elke man moes vir ’n maand in die jaar voorsien.
8 Hierdie is hulle name: “Ben-Hur in die Bergland van Efrayim;