23 tien vetgemaakte beeste, twintig veldbeeste, ’n honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke, gaselle, reebokke en vetgemaakte pluimvee,
24 want hy het outoriteit gehad oor alles wes van die Rivier, vanaf Tifsag tot by Gazah, oor al die konings wes van die Rivier en hy het vrede gehad aan alle kante rondom hom.Lev 26:5
25 Y’hudah en Yisra’el het in veiligheid gebly, elke man onder sy wingerdstok en sy vyeboom, van Dan tot by Be’er-Sh’va, al die dae van Shlomo.
26 Shlomo het veertig duisend stalle met perde gehad vir sy strydwaens en twaalf duisend perderuiters.
27 Daardie bestuurders het elkeen in sy maand vir koning Shlomo voorsien en almal wat na koning Shlomo se tafel toe kom; hulle het niks laat kortkom nie.
28 Hulle het ook die gars, die strooi vir die perde en die renperde gebring na die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy kwota.
29 God het aan Shlomo wysheid gegee, ’n baie groot onderskeiding en ’n breedte van insig soos die sand wat op die seestrand is.