7 Shlomo het twaalf bestuurders oor die hele Yisra’el gehad wat vir die koning en sy huishouding voorsien het; elke man moes vir ’n maand in die jaar voorsien.
8 Hierdie is hulle name: “Ben-Hur in die Bergland van Efrayim;
9 Ben-Deker in Makatz, Sha’albim, Beit-Shemesh en Eilon-Beit-Hanan;
10 Ben-Hesed in Arubbot, Sokhoh en die hele land Hefer was syne;
11 Ben-Avinadav, al die hoogtes van Dor; Tafat, die dogter van Shlomo, was sy vrou.
12 Ba’ana, die seun van Agilud: Ta’anakh, Megiddo en die hele Beit-Sh’an wat langs Tzartan, onderkant Yizre’el lê, van Beit-Sh’an af tot by Avel-M’golah, so ver as tot by die anderkant van Yokme’am.
13 Ben-Gever in Ramot-Gil’ad; die dorpe van Ya’ir, die seun van M’nasheh, wat in Gil’ad lê was syne; die streek Argov, wat in Bashan lê; sestig groot stede met mure en koper grendels, was syne.