14 Shlomo het die huis gebou en dit voltooi.
15 Toe het hy die mure van die huis aan die binnekant gebou met planke van seder; van die vloer van die huis af tot by die plafon het hy dit van binne met hout oordek en die vloer van die huis het hy met planke van sipres oorgetrek.
16 Hy het twintig el aan die agterkant van die huis met planke van seder gebou, van die vloer af tot by die plafon; hy het dit aan die binnekant as ’n binnevertrek gebou, as ’n Mees Afgesonderde plek.
17 Die huis, dit is die hoofvertrek voor, was veertig el lank.
18 Daar was sederhout aan die huis se binnekant: graveerwerk in die vorm van kalbasse en oop blomme; alles was sederhout, geen klip was te sien nie.
19 Toe het hy die binnevertrek binne-in die huis voorberei om die ark van die verbond van יהוה daar te sit.
20 Die binnevertrek was twintig el in lengte, twintig el in breedte en twintig el in hoogte en hy het dit oorgetrek met suiwer goud. Hy het ook die altaar met sederhout oorgetrek.