25 Die ander gerub was tien el; altwee die gérubs was van een maat en een vorm.
26 Die hoogte van die een gerub was tien el en net so die ander gerub.
27 Hy het die gérubs in die middel van die binnevertrek gesit en die vlerke van die gérubs was uitgesprei sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander gerub aan die ander muur raak terwyl hulle vlerke in die middel van die vertrek aan mekaar raak.
28 Hy het ook die gérubs met goud oorgetrek.
29 Toe het hy al die mure van die huis rondom, die binne- en die buitevertrek, met figure van gérubs, palmbome en oop blomme laat ingraveer.
30 Hy het die vloer van die huis, die binne- en buitevertrek, met goud oorgetrek.
31 Vir die ingang van die binnevertrek het hy deure van olyfhout gemaak. Die latei en die deurraam was ‘n vyfde van die muur.