27 Hy het die gérubs in die middel van die binnevertrek gesit en die vlerke van die gérubs was uitgesprei sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander gerub aan die ander muur raak terwyl hulle vlerke in die middel van die vertrek aan mekaar raak.
28 Hy het ook die gérubs met goud oorgetrek.
29 Toe het hy al die mure van die huis rondom, die binne- en die buitevertrek, met figure van gérubs, palmbome en oop blomme laat ingraveer.
30 Hy het die vloer van die huis, die binne- en buitevertrek, met goud oorgetrek.
31 Vir die ingang van die binnevertrek het hy deure van olyfhout gemaak. Die latei en die deurraam was ‘n vyfde van die muur.
32 Hy het twee deure gemaak van olyfhout en daarop het hy figure van gérubs, palmbome en oop blomme laat ingraveer en dit met goud oorgetrek en hy het die goud oor die gérubs en die palmbome uitgespan.
33 So het hy ook vir die ingang van die hoofvertrek vierkantige deurrame van olyfhout gemaak