32 Hy het twee deure gemaak van olyfhout en daarop het hy figure van gérubs, palmbome en oop blomme laat ingraveer en dit met goud oorgetrek en hy het die goud oor die gérubs en die palmbome uitgespan.
33 So het hy ook vir die ingang van die hoofvertrek vierkantige deurrame van olyfhout gemaak
34 en twee deure van sipreshout; die twee blaaie van die een deur het op draaipunte gedraai en die twee blaaie van die ander deur op draaipunte.
35 Hy het gérubs, palmbome en oop blomme daarop ingraveer en dit met goud, eweredig versprei oor die graveerwerk, oorgetrek.
36 Hy het die binnehof gebou met drie rye gekapte klip en ’n ry sederbalke.
37 In die vierde jaar is die fondament van die huis van יהוה gelê, in die maand Ziv.
38 In die elfde jaar, in die maand van Bul, dit is die agtste maand, is die huis voltooi in al sy dele en volgens al sy planne. Hy het sewe jaar lank daaraan gebou.