11 Bo was kosbare klippe, volgens maat gekap en sederhout.
12 Die groot hof was rondom van drie rye gekapte klip en ’n laag sederbalke, net soos die binnehof van die huis van יהוה en die portaal van die huis.2 Kro 2:13,14
13 Koning Shlomo het gestuur en Hiram uit Tzor gebring.
14 Hy was die seun van ’n weduwee uit die stam van Naftali en sy vader was ’n man van Tzor, ’n kopersmid en hy was vol wysheid, begrip en bekwaamheid om enige werk in koper te maak. Hy het by koning Shlomo gekom en al sy werk gedoen.
15 Hy het die twee pilare van koper gevorm; agttien el was die hoogte van een pilaar en ’n lyn van twaalf el kon die omtrek van beide meet.
16 Hy het ook twee pilaarkoppe gemaak van gegote koper om op die toppe van die pilare te sit; vyf el was die hoogte van die een pilaarkop en vyf el was die hoogte van die ander pilaarkop.
17 Daar was nette van netwerk en gevlegte stringe van kettingwerk vir die pilaarkoppe wat op die top van die pilare was; sewe vir die een pilaarkop en sewe vir die ander pilaarkop.