24 Onder sy rand het kalbassies dit rondom omring; tien op die el het hulle die see heeltemal omring: die kalbasse was in twee rye, gegiet saam met die res.
25 Dit het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, drie kyk na die weste, drie kyk na die suide en drie kyk na die ooste toe en die see was bo-op hulle en hulle agterkante was na binne gedraai.
26 Dit was ’n handbreedte dik en sy rand was soos die rand van ’n beker, soos ’n lelieblom; dit kon twee duisend bat (50 0liter) hou.
27 Toe het hy die tien staanders van koper gemaak; die lengte van elke staander was vier el, sy breedte vier el en sy hoogte drie el.
28 Hierdie was die ontwerp van die staanders: dit het rante gehad, gelyke rante tussen die rame;
29 op die rante wat tussen die rame was, was leeus, beeste en gérubs; bo-op die rame was daar ’n staander en onder die leeus en beeste was afhangende kransies.
30 Elke staander het vier koper wiele met koper asse gehad en sy vier voete het versterkings gehad; onder teen die bak was die versterkings gegiet met kransies aan elke kant.