32 Die vier wiele was onder die rante en die asse van die wiele was op die bak. Die hoogte van elke wiel was anderhalf el.
33 Die ontwerp van die wiele was soos die ontwerp van ’n strydwawiel. Hulle asse, vellings, speke en nawe was alles gietwerk.
34 Daar was vier versterkings op die vier hoeke van elke staander; die versterkings was deel van die staander self.
35 Bo-op die staander was daar ’n ronde vorm van ’n half-el hoog wat bo-op die staander gebly het en sy rant was deel daarvan.
36 Hy het op die plate van sy kante en op sy rant gérubs, leeus en palmbome graveer volgens die ruimte op elkeen, met kransies rondom.
37 So het hy die tien staanders gemaak: almal het een gietwerk gehad, een maat en een vorm.
38 Hy het tien waskomme van koper gemaak; elke kom het veertig bat gehou (220 liter) en elke kom was vier el; een kom was op elke bak van die tien staanders.