34 Daar was vier versterkings op die vier hoeke van elke staander; die versterkings was deel van die staander self.
35 Bo-op die staander was daar ’n ronde vorm van ’n half-el hoog wat bo-op die staander gebly het en sy rant was deel daarvan.
36 Hy het op die plate van sy kante en op sy rant gérubs, leeus en palmbome graveer volgens die ruimte op elkeen, met kransies rondom.
37 So het hy die tien staanders gemaak: almal het een gietwerk gehad, een maat en een vorm.
38 Hy het tien waskomme van koper gemaak; elke kom het veertig bat gehou (220 liter) en elke kom was vier el; een kom was op elke bak van die tien staanders.
39 Toe het hy die staanders opgestel: vyf aan die regterkant van die huis en vyf aan die linkerkant van die huis en hy het die see van gegote metaal aan die regterkant van die huis opgestel, na die suide toe.
40 Hiram het die potte en die grawe en die komme gemaak. So het Hiram dan al die werk voltooi wat hy vir koning Shlomo in die huis van יהוה gedoen het: