6 Toe het hy die Saal van Pilare gemaak; sy lengte was vyftig el en sy breedte dertig el, met ’n portaal daarvoor en pilare en ’n ingang voor hulle.
7 Hy het die troonsaal gemaak waar hy sou regspraak gee, die regsaal en dit was gedek met sederhout vanaf die vloer tot by die plafon.
8 Sy huis waar hy sou woon, die buitehof, aan die binnekant van die saal, was van dieselfde vakmanskap. Hy het ook so ’n huis gemaak vir die dogter van Farao, waarmee Shlomo getroud is.
9 Dit was alles van kosbare klippe, wat volgens maat gekap is, binne en buite met sae gesaag, vanaf die fondament tot by die muurplate en net so aan die buitekant, tot by die groot hof.
10 Die fondasie was van kosbare klippe, groot klippe, klippe van tien el en klippe van agt el.
11 Bo was kosbare klippe, volgens maat gekap en sederhout.
12 Die groot hof was rondom van drie rye gekapte klip en ’n laag sederbalke, net soos die binnehof van die huis van יהוה en die portaal van die huis.2 Kro 2:13,14