47 as hulle daaroor dink in die land waarheen hulle gevange geneem is en hulle erken en omdraai en U smeek in die land van die wat hulle gevange geneem het en sê: ‘Ons het gesondig en oortree, ons het boos opgetree,’
48 as hulle na U toe terugdraai met hul hele gees en met hul hele verstand, wil en emosie, in die land van hul vyande wat hulle weggevoer het en hulle bid tot U volgens die godsdiens van hul eie land wat U aan hulle vaders gegee het, die stad wat U gekies het en die huis wat ek vir U Naam (Karakter en Outoriteit) gebou het;
49 hoor dan in die hemel, U blyplek, hulle gebed en smeking en bevestig hulle doel
50 en vergewe U volk wat teen U gesondig het en al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het en laat hulle ontvangers van omgee word voor die wat hulle weggevoer het dat dié aan hulle omgee kan bewys,
51 want hulle is U volk en u erfenis wat U uit Mitzrayim uitgebring het, uit die midde van die ystersmeltoond
52 sodat U oë oop kan wees vir die smeking van U dienskneg en vir die smeking van U volk Yisra’el, om na hulle te luister wanneer hulle ook al tot U roep,
53 want U het hulle vir U as erfenis afgesonder van al die volke van die aarde, soos U deur U kneg, Moshe, gepraat het toe U, Meester-יהוה, ons vaders uit Mitzrayim uitgebring het.”