56 “Praat goed van יהוה, wat aan Sy volk Yisra’el rus gegee het volgens alles wat Hy belowe het; nie een woord van al Sy goeie beloftes wat Hy deur Sy dienskneg Moshe belowe het, het onvervuld gebly nie.
57 Mag יהוה, ons God, by ons wees soos Hy by ons vaders was; mag Hy ons nie verlaat of ons verwerp nie
58 sodat Hy ons verstand, wil en emosie na Homself sal keer, om in al Sy paaie te loop en Sy opdragte, Sy wette en Sy instellings te gehoorsaam wat Hy ons vaders beveel het.
59 Mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor die Teenwoordigheid van יהוה gesmeek het, dag en nag naby יהוה, ons God, wees sodat Hy Sy dienskneg se doel kan bevestig en die doel van Sy volk Yisra’el, soos elke dag vereisDeut 6:4
60 sodat al die volke van die aarde kan weet dat יהוה God is; daar is geen ander een nie.
61 Laat julle verstand, wil en emosie daarom volkome toegewy wees aan יהוה, ons God, om te leef volgens Sy instellings en Sy opdragte te gehoorsaam, soos op hierdie dag.”
62 Die koning en die hele Yisra’el saam met hom, het offers voor die Teenwoordigheid van יהוה geoffer.2 Kro 7:5