8 maar die pale was so lank dat die punte van die pale uit die Afgesonderde plek, voor die binnevertrek, gesien kon word, maar hulle kon nie buite gesien word nie; hulle is daar tot vandag toe.
9 Daar was niks in die ark nie, behalwe die twee kliptafels wat Moshe by Horev daarin gesit het, waar יהוה ’n verbond met die seuns van Yisra’el gesluit het, toe hulle uit die land van Mitzrayim uitgekom het.
10 Dit het gebeur dat toe die priesters uit die Afgesonderde plek uitgaan, die wolk die huis van יהוה gevul het
11 sodat die priesters, as gevolg van die wolk, nie kon staan om te bedien nie, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die huis van יהוה gevul.
12 Toe het Shlomo gesê: “יהוה het gesê dat Hy in die digte wolk sal bly.
13 Ek het verseker vir U ’n verhewe huis gebou, ’n plek vir U om ewig in te bly.”
14 Toe draai die koning sy gesig om en seën die hele vergadering van Yisra’el terwyl die hele vergadering van Yisra’el staan.