5 dan sal Ek die troon van jou koningskap oor Yisra’el vir ewig vasstel, net soos Ek aan jou vader Dawid beloof het deur te sê: ‘Daar sal vir jou nooit ’n man ontbreek op die troon van Yisra’el nie,’Yeg 20:38
6 maar as jy of jou seuns wegdraai daarvan om My te volg en nie My opdragte en My wette na kom wat Ek aan jou voorgehou het nie en gaan en ander gode dien en hulle aanbid,
7 dan sal Ek Yisra’el van die land afsny wat Ek vir hulle gegee het en die huis wat Ek vir My Naam (Karakter en Outoriteit) afgesonder het, sal Ek uit My sig uit wegwerp. So sal Yisra’el ’n spreekwoord en ’n bywoord word onder al die volke.
8 Hierdie huis sal ’n hoop rommel word; elkeen wat verbygaan sal verbaas wees, spot en vra: ‘Waarom het יהוה so gedoen aan hierdie land en aan hierdie huis?’
9 Hulle sal sê: ‘Omdat hulle יהוה, hul God, verlaat het, wat hulle vaders uit de land van Mitzrayim uitgebring het en ander gode aangeneem, aanbid en gedien het; daarom het יהוה al hierdie onheil oor hulle gebring.’”
10 Dit het gebeur aan die einde van die twintig jaar waarin Shlomo die twee huise, die huis van יהוה en die huis van die koning, gebou het
11 (Hiram, die koning van Tzor, het Shlomo voorsien van seder- en sipreshout en goud soveel as hy begeer het) dat koning Shlomo aan Hiram twintig stede in die land van die Galil gegee het.