7 Hy sê vir hulle: “Watter tipe man was hy wat opgekom het, julle tegemoet en hierdie woorde met julle gepraat het?”
8 Hulle antwoord hom: “’n Harige man met ’n leer gordel om sy heupe gebind.” Hy sê: “Dit is Eliyahu, die Tishbiet!”
9 Toe stuur hy ’n bevelvoerder oor vyftig, met sy vyftig, na hom toe. Hy het opgegaan na hom toe en let op, hy het op die top van die heuwel gesit. Hy sê vir hom: “Man van God, die koning sê: ‘Kom af!’”
10 Eliyahu antwoord die bevelvoerder oor vyftig: “As ek ’n man van God is, laat daar vuur van die hemel af afkom en jou en jou vyftig verteer!” Toe kom daar vuur van die hemel af en verteer hom en sy vyftig.
11 Hy het weer ’n ander bevelvoerder oor vyftig, met sy vyftig, na hom toe gestuur en hy sê vir hom: “Man van God, so sê die koning: ‘Kom gou af!’”
12 Eliyahu het hulle geantwoord: “As ek ’n man van God is, laat daar vuur van die hemel af afkom en jou en jou vyftig verteer!” Toe het die vuur van God uit die hemel afgekom en hom met sy vyftig verteer.
13 Hy het weer ’n bevelvoerder oor ’n derde vyftig, met sy vyftig, na hom gestuur. Toe die derde owerste oor vyftig opgegaan het, kom hy en buig op sy knieë voor Eliyahu en smeek hom en sê vir hom: “Man van God, laat my lewe en die lewe van hierdie vyftig diensknegte van u asseblief kosbaar wees in u oë!