1 In die sewe en twintigste jaar van Yarov’am, koning van Yisra’el, het `Uziyahu, die seun van Amatzyah, koning van Y’hudah, koning geword.
2 Hy was sestien jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir twee en vyftig jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Y’kholyahu, van Yerushalayim.
3 Hy het reg gedoen in die oë van יהוה, net soos sy vader Amatzyah gedoen het.
4 Net die hoë plekke is nie weggevat nie; die volk het steeds op die hoë plekke geoffer en wierook laat opgaan.2 Kro 26:16-21 was tot die dag van sy dood. Hy het in ’n afsonderlike huis gebly terwyl Yotam, die seun van die koning, oor die huishouding was en geoordeel het oor die mense van die land.
5 יהוה het die koning getref sodat hy ’n melaatse
6 Die res van die dade van `Uziyahu en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?
7 `Uziyahu is neergelê by sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid en Yotam, sy seun, het in sy plek koning geword.
8 In die agt en dertigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Z’kharyah, die seun van Yarov’am, koning geword oor Yisra’el in Shomron vir ses maande lank.
9 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, soos sy vaders gedoen het; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
10 Toe het Shallum, die seun van Yavesh, saamgesweer teen hom en hom voor die mense geslaan en doodgemaak en in sy plek geheers.
11 Die res van die dade van Z’kharyah, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.
12 Dit is die woord van יהוה wat Hy tot Yehu gepraat en gesê het: “Jou seuns tot die vierde geslag sal op die troon van Yisra’el sit,” en dit was so.
13 Shallum, die seun van Yavesh, het in die nege en dertigste jaar van `Uziyah, koning van Y’hudah, koning geword en ’n maand lank in Shomron regeer.
14 Toe het Menagem, die seun van Gadi, vanaf Tirtzah opgegaan en in Shomron gekom en Shallum, die seun van Yavesh, in Shomron geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword.
15 Die res van die dade van Shallum en sy sameswering wat hy gesmee het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.
16 Toe het Menagem Tifsag verslaan met almal wat daarin was tot by sy grens met Tirtzah omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie; daarom het hy dit verslaan en al die swanger vroue daarvan oopgesny.
17 In die nege en dertigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Menagem, die seun van Gadi, koning oor Yisra’el geword in Shomron; tien jaar lank.
18 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het in al sy dae nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
19 Pul, koning van Ashur, het teen die land gekom en Menagem het vir Pul ’n duisend talente silwer gegee sodat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.
20 Toe het Menagem die geld vanuit Yisra’el ingevorder, van al die magtige manne van rykdom, vyftig sikkels silwer van elke man om die koning van Ashur te betaal. So het die koning van Ashur teruggedraai en nie daar in die land gebly nie.
21 Die res van die dade van Menagem en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
22 Menagem is neergelê by sy vaders en P’kagyah, sy seun, het in sy plek koning geword.
23 In die vyftigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het P’kagyah, die seun van Menagem, in Shomron koning geword oor Yisra’el; twee jaar lank.
24 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
25 Toe het Pekag, die seun van Remalyahu, sy adjudant, teen hom saamgesweer en hom in Shomron, in die vesting van die koning se huis geslaan, saam met Argov, Aryeh en vyftig man uit die Gil’adiete en hy het hom doodgemaak en in sy plek koning geword.
26 Die res van die dade van P’kagyah en alles wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.
27 In die twee en vyftigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Pekag, die seun van Remalyahu, in Shomron koning geword oor Yisra’el; twintig jaar lank.
28 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
29 In die dae van Pekag, koning van Yisra’el, het Tiglat-Pil’eser, koning van Ashur, gekom en `Iyon, Avel-Beit-Ma’akhah, Yanoag, Kedesh, Hatzor, Gil’ad en die Galil ingeneem; die hele land van Naftali en hy het hulle in gevangeskap weggevoer na Ashur.
30 Hoshea, die seun van Elah, het ’n sameswering gesmee teen Pekag, die seun van Remalyah en hom geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword, in die tweede jaar van Yotam, die seun van `Uziyahu.
31 Die res van die dade van Pekag en alles wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el.’2 Kro 27:1-9
32 In die tweede jaar van Pekag, die seun van Remalyah, koning van Yisra’el, het Yotam, die seun van `Uziyahu, koning van Y’hudah, koning geword.
33 Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir sestien jaar in Yerushalayim regeer en sy moeder se naam was Yerusha, die dogter van Tzadok.
34 Hy het gedoen wat reg was in die oë van יהוה; hy het alles gedoen volgens wat sy vader `Uziyahu gedoen het.
35 Net die hoë plekke is nie verwyder nie; die volk het steeds op die hoë plekke geoffer en wierook laat opgaan. Hy het die Boonste Poort van die huis van יהוה gebou.
36 Die res van die dade van Yotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?
37 In daardie dae het יהוה begin om Retzin, koning van Aram en Pekag, die seun van Remalyah, teen Y’hudah te stuur.
38 Yotam is neergelê by sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van sy vader, Dawid en sy seun, Agaz, het in sy plek koning geword.