2 Konings 4 PWL

1 ’n Sekere vrou vanuit die vroue van die profete-seuns het na Elisha uitgeroep: “U dienskneg, my man, is dood en u weet dat u dienskneg, יהוה respekvol gevrees het en die skuldeiser het gekom om my twee seuns te vat om sy slawe te wees.”

2 Elisha het vir haar gesê: “Wat kan ek vir jou doen? Vertel my, wat het jy in die huis?” Sy antwoord: “U dienares het niks in die huis nie, behalwe ’n fles met olie.”

3 Toe sê hy: “Gaan, leen vir jou baie leë houers van al jou bure; moenie min kry nie.

4 Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, gooi dit in al daardie houers en sit dit wat vol is eenkant.

5 Sy het van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; hulle het die houers vir haar gebring en sy het gegooi.

6 Toe die houers vol was, sê sy vir haar seun: “Bring vir my nog ’n houer.” Hy antwoord haar: “Daar is nie meer een houer nie.” Die olie het opgehou.

7 Toe kom sy en vertel die man van God en hy sê: “Gaan, verkoop die olie en betaal jou skuld; jy en jou seuns kan van die res leef.”

8 Daar het ’n dag gekom wat Elisha oorgegaan het na Shunem, waar daar ’n prominente vrou was en sy het hom oortuig om ’n maaltyd te eet. So was dit, so dikwels as wat hy verbygaan, het hy daar ingedraai om ’n maaltyd te eet.

9 Sy het vir haar man gesê: “Let nou op, ek sien dat hierdie ’n afgesonderde man van God is wat voortdurend by ons verbygaan.

10 Laat ons asseblief ’n klein gemuurde bo-kamer maak en laat ons daar vir hom ’n bed, ’n tafel, ’n stoel en ’n lampstaander neersit; dit sal wees wanneer hy na ons toe kom hy daar kan bly.”

11 Eendag het hy daar gekom, in die bo-kamer gegaan en gerus.

12 Toe het hy vir Geigazi, sy dienskneg, gesê: “Roep hierdie Shunamitiese vrou.” Toe hy haar geroep het, het sy voor hom gestaan.

13 Hy het vir hom gesê: “Vra haar nou: ‘Let op, jy was vol sorg teenoor ons met al hierdie omgee; wat kan ek vir jou doen? Moet daar vir jou ’n goeie woord gedoen word by die koning of by die bevelvoerder van die leër?” Sy antwoord: “Ek leef onder my eie mense.”

14 Hy sê: “Wat kan dan vir haar gedoen word?” Geigazi antwoord: “Dit is waar, sy het geen seun nie en haar man is oud.”

15 Hy het gesê: “Roep haar.” Toe hy haar geroep het, het sy in die deur gestaan.

16 Toe sê hy: “Tydens hierdie seisoen volgende jaar sal jy ’n seun vashou.” Sy sê: “Nee, my meester, o, man van God, moenie vir u dienares lieg nie!”

17 Die vrou het swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun in daardie seisoen die volgende jaar, soos Elisha vir haar gesê het.

18 Toe die seun opgegroei het, het die dag gekom dat hy uitgegaan het na sy vader, na die maaiers.

19 Hy het vir sy vader gesê: “My kop, my kop!” Dié sê toe vir sy dienskneg: “Dra hom na sy moeder toe.”

20 Toe hy hom gevat en na sy moeder gebring het, het hy op haar skoot gesit tot die middag toe en gesterf.

21 Sy het opgegaan en hom op die bed van die man van God neergelê en agter hom toegesluit en uitgegaan.

22 Toe roep sy haar man en sê: “Stuur asseblief vir my een van die diensknegte en een van die donkies sodat ek gou na die man van God kan gaan en terugkom.”

23 Hy sê: “Waarom sal jy vandag na hom toe gaan? Dit is nie nuwemaan of Shabbat nie.” Sy antwoord: “Shalom (Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid)!”

24 Toe saal sy die donkie op en sê vir haar dienskneg: “Jaag aan en gaan vooruit; moenie die pas verslap, behalwe as ek jou sê nie.”

25 Sy het gegaan en by die man van God by die berg Karmel gekom. Toe die man van God haar op ’n afstand sien, sê hy vir sy dienskneg Geigazi: “Let op, daar is dié Shunamiet!

26 Hardloop nou om haar te ontmoet en sê vir haar: “Gaan dit goed met u? Gaan dit goed met u man? Gaan dit goed met die seun?” Sy antwoord: “Dit is goed.”

27 Toe sy by die man van God by die berg kom, het sy sy voete vasgegryp en Geigazi het nadergekom om haar weg te stoot, maar die man van God sê: “Laat haar staan, want haar lewe is verbitterd in haar en יהוה het dit vir my verberg en my nie vertel nie.”

28 Toe het sy gesê: “Het ek van my meester ’n seun gevra? Het ek nie gesê: ‘Moet my nie mislei nie?’”

29 Toe sê hy vir Geigazi: “Gord vas jou heupe en vat my staf in jou hand en gaan heen; as jy iemand teëkom, moet hom nie groet nie en as iemand jou groet, antwoord hom nie en lê my staf op die gesig van die seun.”

30 Die moeder van die seun het gesê: “Sowaar as יהוה leef en uself leef, ek sal u nie verlaat nie!” Hy het opgestaan en haar gevolg.

31 Geigazi het voor hulle uit gegaan en die staf op die gesig van die seun gelê, maar daar was geen klank of reaksie nie. Hy het teruggekom na hom toe en vir hom gesê: “Die jongman het nie wakker geword nie.”

32 Toe Elisha in die huis inkom, let op, was die jongman dood en het op sy bed gelê!

33 Hy het ingegaan en die deur agter hulle twee toegesluit en tot יהוה gebid.

34 Hy het opgegaan en op die seun gaan lê en sy mond op sy mond gesit, sy oë op sy oë en sy hande op sy hande en homself op hom uitgestrek en die vlees van die seun het warm geword.

35 Toe het hy teruggekom en in die huis een keer heen en weer geloop en weer opgegaan en homself op hom uitgestrek en die jongman het sewe maal genies en sy oë oopgemaak.

36 Toe roep hy Geigazi en sê: “Roep hierdie Shunamiet.” Hy het haar geroep en toe sy by hom gekom het, sê hy: “Tel jou seun op.”

37 Toe het sy ingekom en voor sy voete geval en na die grond toe neergebuig en sy het haar seun opgetel en uitgegaan.

38 Toe Elisha teruggegaan het na Gilgal, was daar hongersnood in die land. Terwyl die profete-seuns voor hom sit, sê hy vir sy dienskneg: “Sit die groot pot op en maak ’n bredie vir die profete-seuns.”

39 Toe gaan een uit in die veld om kruie te versamel en hy het wilde ranke gekry en sy kleed vol wilde pampoene gepluk en gekom en dit in die pot bredie ingesny, want hulle het dit nie geken nie.

40 Hulle het vir die manne opgeskep om te eet en net toe hulle van die bredie eet, skreeu hulle en roep: “Man van God, daar is dood in die pot!” Hulle kon dit nie eet nie.

41 Hy sê egter: “Bring meel.” Hy gooi dit in die pot en sê: “Skep uit vir die mense sodat hulle kan eet.” Toe was daar niks verkeerd in die pot nie.

42 ’n Man het van Ba’al-Shalishah af gekom en vir die man van God brood van die eersteling vrugte gebring; twintig garsbrode en vars graan in sy sak. Hy het gesê: “Gee vir die mense sodat hulle kan eet.”

43 Sy dienskneg antwoord: “Wat? Sal ek dit aan ’n honderd man voorsit?” Hy sê egter: “Gee vir die mense sodat hulle kan eet, want so sê יהוה: ‘Hulle sal eet en oorhou.’”Mat 14:14-21; Yeg 15:32-39; Mar 8:1-8

44 Hy sit dit voor hulle neer en hulle het geëet en oorgehou volgens die woord van יהוה.

hoofstukke

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25