14 Hy het gesê: “Gryp hulle lewendig!” Hulle het hul lewendig gegryp en by die put van Beit-Eked gedood; twee en veertig man en hy het niemand van hulle laat oorbly nie.
15 Toe hy daarvandaan vertrek het, het hy vir Y’honadav, die seun van Rekhav, ontmoet wat hom tegemoet kom en hy groet hom en sê vir hom: “Is jou hart reg, soos my hart met jou hart is?” Y’honadav antwoord: “Dit is.” Yehu sê “As dit is, gee jou hand.” Hy het vir hom sy hand gegee en hy het hom by hom op die wa gevat.
16 Hy het gesê: “Kom saam met my en sien my ywer vir יהוה.” Hy het hom op sy wa laat ry.
17 Toe hy in Shomron kom, het hy almal doodgemaak wat van Ag’av in Shomron oorgebly het totdat hy hom uitgewis het volgens die woord van יהוה wat Hy tot Eliyahu gepraat het.
18 Yehu het al die mense bymekaar laat kom en vir hulle gesê: “Ag’av het Ba’al ’n bietjie gedien; Yehu sal hom baie dien.
19 Roep nou al die profete van Ba’al, al sy aanbidders en al sy priesters; laat niemand gemis word nie, want ek het ’n groot offer aan Ba’al. Wie ook al gemis word, sal nie leef nie.” Yehu het dit egter met lis gedoen om die aanbidders van Ba’al te kan vernietig.
20 Yehu het ook gesê: “Sonder ’n ernstige byeenkoms af vir Ba’al.” Hulle het dit uitgeroep.