25 Net toe hy klaar die brandoffer geoffer het, het dit gebeur dat Yehu aan die lyfwagte en die koninklike offisiere sê: “Gaan in, maak hulle dood, laat niemand uitkom nie!” Hulle het hul met die skerpte van die swaard doodgemaak en die lyfwagte en die koninklike offisiere het hulle uitgegooi en na die binnedeel van die huis van Ba’al gegaan.
26 Hulle het die pilare van die huis van Ba’al uitgebring en dit verbrand.
27 Hulle het ook die pilaar van Ba’al en die huis van Ba’al afgebreek en toilette daarvan gemaak, tot vandag toe.
28 So het Yehu Ba’al uit Yisra’el uit vernietig.
29 Nogtans het Yehu nie afgewyk van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie: die goue kalwers wat in Beit-El en in Dan was.
30 יהוה sê vir Yehu: “Omdat jy goed gedoen het deur te doen wat reg is in My oë en volgens alles wat in My hart was aan die huis van Ag’av gedoen het, sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Yisra’el sit.”Hos 1:4
31 Yehu het egter nie versigtig in die wet van יהוה, die God van Yisra’el, met sy hele verstand, wil en emosie geloop nie; hy het nie afgewyk van die sondes van Yarov’am waarin hy Yisra’el laat sondig het nie.