1 Toe `Atalyah, die moeder van Agazyah, sien dat haar seun dood is, het sy opgestaan en die hele koninklike nageslag vernietig,
2 maar Y’hosh’va, die dogter van koning Y’horam, die suster van Agazyah, het Yo’ash, die seun van Agazyah, gevat en hom gesteel vanuit die koning se seuns wat doodgemaak is en hom en sy versorger in haar slaapkamer gesit. So het hulle hom dan vir `Atalyah weggesteek en hy is nie gedood nie.
3 Hy was saam met haar in die huis van יהוה weggesteek, ses jaar lank terwyl `Atalyah oor die land regeer.
4 In die sewende jaar het Y’hoyada gestuur en die bevelvoerders oor ’n honderd van die lyfwagte en van die wagte laat haal en by hom in die huis van יהוה laat kom. Toe het hy met hulle ’n verbond gesluit en hulle onder eed geplaas in die huis van יהוה en vir hulle die koning se seun gewys.