10 Die priester het die spiese en die skilde van koning Dawid aan die bevelvoerders oor ’n honderd gegee wat in die huis van יהוה was.
11 Die wagte het elkeen gaan staan met sy wapens in sy hand, vanaf die regterkant van die huis tot by die linkerkant van die huis, by die altaar en by die huis, rondom die koning.
12 Toe het hy die seun van die koning uitgebring en die koninklike kroon op sy kop gesit, hom gesalf en hom koning gemaak; hulle het met die hande geklap en gesê: “Laat die koning lewe!”
13 Toe `Atalyah die stem van die wagte en van die mense hoor, het sy na die mense in die huis van יהוה gekom.
14 Sy het gekyk en let op, die koning het by die pilaar gestaan, volgens die gewoonte, met die bevelvoerders en die trompetblasers langs die koning en al die mense van die land was bly en het op trompette geblaas. Toe skeur `Atalyah haar klere en roep uit: “Verraad, verraad!”
15 Y’hoyada, die priester, het die bevelvoerders oor ’n honderd, wat oor die leër aangestel is, beveel en vir hulle gesê: “Vat haar uit die rye uit en maak die wat agter haar aankom dood met die swaard,” want die priester het gesê: “Sy moenie in die huis van יהוה doodgemaak word nie.”
16 Hulle het haar gegryp en toe sy by die ingang vir die perde van die huis van die koning gekom het, is sy daar doodgemaak.