4 In die sewende jaar het Y’hoyada gestuur en die bevelvoerders oor ’n honderd van die lyfwagte en van die wagte laat haal en by hom in die huis van יהוה laat kom. Toe het hy met hulle ’n verbond gesluit en hulle onder eed geplaas in die huis van יהוה en vir hulle die koning se seun gewys.
5 Hy het hulle beveel en gesê: “Dit is wat julle moet doen: een derde van julle wat op die Shabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning,
6 ’n derde deel by die poort Sur en ’n derde deel by die poort agter die wagte en julle moet wag hou oor die huis om dit te verdedig.
7 Twee dele van julle, almal wat op die Shabbat uitgaan, moet ook waghou by die huis van יהוה vir die koning.
8 Dan moet julle die koning omring, elkeen met sy wapens in sy hand en wie ook al in die rye inkom, moet gedood word en julle moet by die koning wees as hy uit- en ingaan.”
9 Die bevelvoerders oor ’n honderd het toe alles gedoen soos die priester Y’hoyada beveel het en elkeen het sy manne wat op die Shabbat inkom saam met die wat op die Shabbat uitgaan gevat en na die priester Y’hoyada gekom.
10 Die priester het die spiese en die skilde van koning Dawid aan die bevelvoerders oor ’n honderd gegee wat in die huis van יהוה was.