11 Hulle het die afgeweegde geld oorhandig aan dié wat die werk gedoen het, wat toesig oor die huis van יהוה gehad het en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van יהוה gewerk het
12 en aan die messelaars en die klipkappers en om hout en gekapte klippe mee te koop om die beskadigde plekke van die huis van יהוה te herstel en vir alles wat uitgegee moes word om die huis te herstel.
13 Daar is egter nie silwer bekers, snuiters, komme, trompette, enige goue houers of silwer houers in die huis van יהוה gemaak van die geld wat in die huis van יהוה gebring is nie,
14 want hulle het dit vir dié gegee wat die werk gedoen het en daarmee het hulle die huis van יהוה herstel.
15 Meer nog, hulle het nie boekhouding vereis van die manne in wie se hand die geld gegee is om dié wat die werk doen te betaal nie, want hulle het getrou opgetree.
16 Die geld van die skuldoffer en die geld van die sondoffers is nie in die huis van יהוה gebring nie; dit was vir die priesters.
17 Toe het Haza’el, koning van Aram, opgegaan en teen Gat geveg en dit ingeneem en Haza’el het sy gesig gerig om op te gaan na Yerushalayim.