14 Toe Elisha siek geword het met die siekte waaraan hy sou sterf, het Y’ho’ash, die koning van Yisra’el, afgekom na hom toe en oor hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, die strydwaens van Yisra’el en sy ruiters!”
15 Elisha sê vir hom: “Vat ’n boog en pyle.” Hy het ’n boog en pyle gevat.
16 Toe sê hy vir die koning van Yisra’el: “Sit jou hand aan die boog.” Hy het sy hand op dit gesit en Elisha het sy hande op die hande van die koning gelê.
17 Hy het gesê: “Maak die venster oop na die ooste toe!” Hy het dit oopgemaak. Toe sê Elisha: “Skiet!” Hy het geskiet. Toe sê hy: “יהוה se pyl van oorwinning, van oorwinning oor Aram, want jy sal die Arameërs oorwin by Afek.”
18 Toe sê hy: “Vat die pyle.” Hy het dit gevat. Hy sê vir die koning van Yisra’el: “Slaan die grond!” Hy het drie maal geslaan en opgehou.
19 Die man van God was kwaad vir hom en sê: “Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs geslaan het totdat jy hulle vernietig het, maar nou sal jy die Arameërs net drie maal verslaan.”
20 Elisha het gesterf en hulle het hom begrawe. Die bendes van die Mo’aviete het met die aanvang van die jaar die land binnegeval.