17 Hy het gesê: “Maak die venster oop na die ooste toe!” Hy het dit oopgemaak. Toe sê Elisha: “Skiet!” Hy het geskiet. Toe sê hy: “יהוה se pyl van oorwinning, van oorwinning oor Aram, want jy sal die Arameërs oorwin by Afek.”
18 Toe sê hy: “Vat die pyle.” Hy het dit gevat. Hy sê vir die koning van Yisra’el: “Slaan die grond!” Hy het drie maal geslaan en opgehou.
19 Die man van God was kwaad vir hom en sê: “Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs geslaan het totdat jy hulle vernietig het, maar nou sal jy die Arameërs net drie maal verslaan.”
20 Elisha het gesterf en hulle het hom begrawe. Die bendes van die Mo’aviete het met die aanvang van die jaar die land binnegeval.
21 Terwyl hulle besig was om ’n man te begrawe, let op, sien hulle ’n plunderende bende en gooi die man in die graf van Elisha. Toe die man die gebeente van Elisha raak, het hy lewendig geword en op sy voete gestaan.
22 Haza’el, koning van Aram, het Yisra’el onderdruk, al die dae van Y’ho’agaz,
23 maar יהוה was goedgunstig tot hulle en het omgee vir hulle gehad en na hulle toe gedraai ter wille van Sy verbond met Avraham, Yitz’gak en Ya’akov en Hy wou hulle nie vernietig en van Sy Teenwoordigheid af weggooi nie; tot nou toe.