26 want יהוה het die ellende van Yisra’el gesien, wat baie bitter was, want daar was geen slaaf of vryman en geen helper vir Yisra’el nie.
27 יהוה het nie gesê dat Hy die naam van Yisra’el onder die hemel sou uitdelg nie en Hy het hulle gered deur Yarov’am, die seun van Yo’ash.
28 Die res van die dade van Yarov’am en alles wat hy gedoen het en sy mag, hoe hy geveg en hoe hy Dammesek en Hamat van Y’hudah aan Yisra’el herstel het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
29 Yarov’am is neergelê by sy vaders, met die konings van Yisra’el en Z’kharyah, sy seun, het in sy plek koning geword.