10 Toe het Shallum, die seun van Yavesh, saamgesweer teen hom en hom voor die mense geslaan en doodgemaak en in sy plek geheers.
11 Die res van die dade van Z’kharyah, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.
12 Dit is die woord van יהוה wat Hy tot Yehu gepraat en gesê het: “Jou seuns tot die vierde geslag sal op die troon van Yisra’el sit,” en dit was so.
13 Shallum, die seun van Yavesh, het in die nege en dertigste jaar van `Uziyah, koning van Y’hudah, koning geword en ’n maand lank in Shomron regeer.
14 Toe het Menagem, die seun van Gadi, vanaf Tirtzah opgegaan en in Shomron gekom en Shallum, die seun van Yavesh, in Shomron geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword.
15 Die res van die dade van Shallum en sy sameswering wat hy gesmee het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.
16 Toe het Menagem Tifsag verslaan met almal wat daarin was tot by sy grens met Tirtzah omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie; daarom het hy dit verslaan en al die swanger vroue daarvan oopgesny.