12 Dit is die woord van יהוה wat Hy tot Yehu gepraat en gesê het: “Jou seuns tot die vierde geslag sal op die troon van Yisra’el sit,” en dit was so.
13 Shallum, die seun van Yavesh, het in die nege en dertigste jaar van `Uziyah, koning van Y’hudah, koning geword en ’n maand lank in Shomron regeer.
14 Toe het Menagem, die seun van Gadi, vanaf Tirtzah opgegaan en in Shomron gekom en Shallum, die seun van Yavesh, in Shomron geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword.
15 Die res van die dade van Shallum en sy sameswering wat hy gesmee het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.
16 Toe het Menagem Tifsag verslaan met almal wat daarin was tot by sy grens met Tirtzah omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie; daarom het hy dit verslaan en al die swanger vroue daarvan oopgesny.
17 In die nege en dertigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Menagem, die seun van Gadi, koning oor Yisra’el geword in Shomron; tien jaar lank.
18 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het in al sy dae nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.